Clive Derby-Lewis steeds in die duister oor mediese parool

2014-10-17
Dr Pieter Mulder

Daar is na baie maande nog geen nuus oor moontlike mediese parool vir die terminaal-siek Clive Derby-Lewis nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder het die 78-jarige Derby-Lewis, wat aan kanker ly, vandag in die hospitaal besoek. Weens sy siekte-toestand voldoen hy al jare aan die vereistes vir parool.

“Dit is duidelik dat hy ernstig siek is, en die groot swye rondom moontlike parool is skreiend gemeet aan die behandeling van ’n gholf-spelende Schabir Shaik en Jackie Selebi wat al verkeie kere gesien is terwyl hy inkopies doen.

“Ek is deurentyd in gesprek met die owerhede oor Derby-Lewis se vrylating. Dit gaan lank nie meer oor sy misdaad of politiekery nie, maar oor menslikheid teenoor ʼn sieklike bejaarde. Daar is geen twyfel dat hy werklik ernstig siek is nie.

“Die VF Plus doen ʼn beroep op die owerhede om die eerbare ding te doen en weer ernstig te besin oor mnr. Derby-Lewis se parool-aansoek,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670