Aanstelling van Mashinini as OVK-hoof sal Suid-Afrika se demokrasie 'n onreg aandoen

2015-03-03
Dr Pieter Groenewald

Die aanstelling van pres. Jacob Zuma se spesiale raadgewer, Vuma Mashinini, as hoof van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal demokrasie in Suid-Afrika ʼn onreg aandoen, sê dr. Pieter Groenewald, parlementêre woordvoerder van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê die hoof van die verkiesingskommissie, hetsy ʼn man of vrou, moet ʼn persoon wees wat bo verdenking is aangesien slegs so ʼn persoon die kiesers van Suid-Afrika se vertroue sal hê en hulle sal laat voel dat die kiesproses bo verdenking is.

“Dit is nie wat hier gebeur nie. Hier word ʼn persoon aangestel wat nie bo verdenking is nie. Op Potchefstroom het ons gesien hoe die Verkiesingskommissie se amptenare bedrog pleeg en dat daar hof toe gegaan moes word om dit reg te stel.

“Die ANC doen die publiek van Suid-Afrika nie ʼn guns aan met hierdie aanstelling nie, en die VF Plus sal dit nie ondersteun nie,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403