Pieter Mulder oor herdenking van Cuito Canavale in parlement

2014-01-24
Dr Pieter Mulder
Die hoofsweep van die DA, mnr Ian Davidson (heel regs), saam met die vorige Speaker (nou Adj-pres) me Baleka Mbete, tydens ā€˜n kranslegging om hulde te bring aan ā€˜n MK soldaat wat gesterf het in die slag van Cuito Cunavale.[In Session ā€“ July 2008]

Die DA en die ANC bring hulde aan die Kubane by Cuito Canavale

 

I do not know why Cuito Cuanavale is being singled out for commemoration and a debate?

What happened at Cuito Cuanavale? The MPLA, Cubans and Russians had as their mission to capture Jamba, the UNITA basis in Angola. To succeed in this they had to cross the Lomba River, they had to capture Mavinga and then Jamba. One brigade of the South African Defence Force assisted UNITA in preventing this.

What happened?

Die MPLA en die Kubane het nooit naby Jamba gekom nie, hulle het nie eers Mavinga verower nie, om die waarheid te sê hulle kon nie oor die Lombarivier kom nie. In die proses is 4785 Kubaanse en Angolese soldate dood teenoor 31 Suid-Afrikaanse soldate. As ek meer tyd gehad het, kon ek u al die syfers gee – 94 Kubaans-Fapla tenks is uitgeskiet teenoor 3 van die Suid-Afrikaanse weermag, ens.

Unita en die Suid-Afrikaanse weermag het ’n beslissende oorwinning behaal deur te voorkom dat die MPLA en Kubane hulle doel bereik.

Dit is veelseggend dat Fidel Castro een van die Kubaanse bevelvoerders tydens die gevegte, genl. Arnaldo (Oshoa) Shanchez, na die oorlog deur ’n vuurpeleton laat teregstel het. Nog ’n Kubaanse generaal, genl del Pino Diaz, het na die oorlog na die Weste en na Amerika gevlug.  

Word Cuito Cuanavale herdenk omdat dit as ’n Kubaanse oorwinning oor UNITA en die Suid-Afrikaanse magte gesien word? Dan is u besig om die geskiedenis vir propaganda-doeleindes te probeer herskryf.

If our facts differ as to what happened, I challenge the ANC. Let us and they appoint a credible international panel to investigate the facts. Fortunately the majority of the people who had participated in the battle are still alive today. Go and talk to Gen. Jannie Geldenhuys, former Chief of the Defence Force, Dick Lord, Chris Serfontein, Mike Muller, Pierre Franken, etc.

The Castro regime will shortly be coming to an end in Cuba. Then all the facts from that side will also be available.

Gaan ons voortaan ook die SA Weermag se oorwinning by Cassinga herdenk, gaan ons ook Brug 14 herdenk?

Wat is die doel van hierdie herdenking?

As u Suid-Afrikaners daardeur wil verenig, bereik u tans presies die teenoorgestelde omdat ons duidelik oor die feite verskil. ’n Rugby-wêreldbeker oorwinning kan mense verenig – nie ’n veldslag in die verlede waaroor ons verskil nie. Dit polariseer eerder.

As die doel is dat die ANC na helde soek, weet hulle mos om dit liefs nie op die militêre terrein te soek nie. Dit moet hulle eerder op die politieke terrein soek waar mense soos mnr. Mandela, met onderhandelinge suksesse behaal het.

Moenie dat ons die jeug verwar met propaganda-feite wat oor ’n paar jaar verkeerd bewys gaan word nie.