Agtergrond

Sewe-en-twintig politieke partye het deelgeneem aan die Kemptonpark-onderhandelinge voor April 1994. Die Vryheidsfront is in hierdie tyd onder leiding van genl Constand Viljoen gestig en die party het 'n akkoord met die ANC gesluit. 

Negentien van hierdie partye het deelgeneem aan die verkiesing van 27 April 1994, maar net sewe het die parlement gehaal. Die Vryheidsfront, destyds skaars 'n maand oud, het vierde gekom na die ANC, NP en IVP. 

Die belangrikste gebeurtenis in die eerste politieke termyn was die skryf van Suid-Afrika se nuwe grondwet. Hieraan het die Vryheidsfront aktief deelgeneem en veral gefokus op die insluiting van selfbeskikking en groepsregte in die grondwet. 

Dit het meegebring dat die Vryheidsfront 'n sleutelrol gespeel het in die insluiting van die volgende artikels in die nuwe Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996): 

  • Artikel 30 en 31 wat kollektiewe regte vir taal-, en kultuurgemeenskappe erken;
  • Artikel 185 wat voorsiening maak vir 'n Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe;
  • Artikel 235 wat verwys na die konsep van die reg op territoriale selfbeskikking.

Die VF Plus is een van die enigste partye wat sedert 1999 met elke nasionale verkiesing 'n konstante groei in aantal stemme beleef.

Op 31 Augustus 2013 het die VF Plus 'n nuwe embleem en herbewoorde missie bekend gestel.